Olimpiese Somerspele 2020

Spele van die XXXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2020

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 206
Deelnemende atlete 11 090
Items 339 in 33 sporte (50 dissipline)
Openingseremonie 23 Julie 2021
Sluitingseremonie 8 Augustus 2021
Amptelik geopen deur Keiser Naruhito
Atlete-eed Ryota Yamagata
Kasumi Ishikawa
Beampte-eed Masato Kato
Asumi Tsuzaki
Olimpiese vlam Naomi Osaka (tennis)
Vorige Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele 2024: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 2020年夏季オリンピック, Hepburn: Nisen Nijū-nen Kaki Orinpikku), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIste Olimpiade, sou oorspronklik tussen 24 Julie en 9 Augustus 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 23 Julie tot 8 Augustus 2021.[2] Tydens die geleentheid het 11 090 atlete uit 206 nasies aan 339 items in 33 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit was die 32ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die tweede keer wat Tokio die spele gehuisves het na hulle eerste spele in 1964. Naas Tokio was Istanboel en Madrid kandidate vir die aanbied van die 2020-Somerspele. Ná die Rugbywêreldbeker 2019 is die Olimpiese Somerspele 2020 die tweede groot sportkompetisie in Japan binne twee jaar. Verder was dit die tweede van drie agtereenvolgende Olimpiese Spele wat in 'n Asiatiese stad aangebied was, ná Pyeongchang (2018) en voor Beijing (2022).

Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Chad le Clos (swem) en Phumelela Mbande (veldhokkie) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[3]

As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Olimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Olimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n moderne Olimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar gehou is.[4][5] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[6][7][8]

Die Paralimpiese Somerspele 2020 is tussen 24 Augustus en 5 September 2021 in Tokio gehou.

  1. (en) "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
  2. (en) "Tokyo Olympics and Paralympics: New dates confirmed for 2021". BBC. 30 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
  3. (en) Ashfak Mohamed (22 Julie 2021). "Chad le Clos, Phumelela Mbande to make history for Team SA at Tokyo Olympics". IOL. Besoek op 8 Augustus 2021.
  4. (en) Justin McCurry (24 Maart 2020). "Tokyo Olympics postponed to 2021 due to coronavirus pandemic". The Guardian. ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
  5. (en) "Tokyo 2020: Olympic Games organisers 'agree postponement'". BBC. 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
  6. (en) Michael Houston (8 Julie 2021). "Tokyo to be under state of emergency for duration of Olympics". Inside the Games. Besoek op 8 Augustus 2021.
  7. (en) "Tokyo Olympic Games: Spectators barred as state of emergency announced". BBC. 8 Julie 2021. Besoek op 8 Augustus 2021.
  8. (en) "Fans barred from all Olympic events in Tokyo as COVID-19 fears grow". Inside the Games. 8 Julie 2021. Besoek op 8 Augustus 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search